Plaas die plantjies sowat 20 cm uitmekaar in 'n bedding of potte. Sorg dat hulle 'n klein bietjie son kry en hulle sal jou beloon en nog tot Kersfees blom! Onthou, as jy die dooie blomme uitknyp, verleng jy die blomtyd. Vir meer inligting, besoek www.lifeisagarden.co.za.