Dis ’n klassieke kleur, nes swart en wit, wat altyd in die mode sal bly. Enige kleurkombinasie pas hierby en die styl van die stoel kan maklik met ander dekorstukke vermeng word. Stoel (R3 915) uit die Voyage-reeks, Hartmann en Keppler Interiors.