Op Saterdag 7 November sal SARIE se Fanie Cronjé die nuwe dekortydskrif, SARIE WOON, aan kykers bekendstel. Hy sal ook 'n hele paar stileringswenke deel en kykers sal 'n kans staan om Woolworths-geskenkbewyse van R20 000 los te slaan. Dié Ontbytsake-episode word ook op Maandag 9, Woensdag 11 en Vrydag 13 November herhaal.

SARIE WOON

Maklik! Maak van jou huis 'n stylvolle speel- en leefplek met 'n nuwe tydskrif uit die SARIE-stal. Dis propvol idees en mooimaak-wenke vir jou huis.

SARIE WOONsal van 4 November landwyd te koop wees. Teen net R32,95 kry jy al die glans en swier, al die mooigoed - en inspirasie.

SPESIAAL VIR JOU: 'n Gratis voëltjiestensil om op jou mure, op plakpapier, keramiek en materiaal te gebruik.

Hier's 'n lusmaker:

MY STYL

Klassieke swart en wit kry vuurwarm spatsels kleur. Blomme is informeel met linte, mooi vase en eksotiese orgideë, van die voorportaal tot die leefvertrek. Hier is ’n??aksentmuur jou skilderdoek. Plak dit, verf dit en versier dit

Laat jou huis blom

MY INSPIRASIE

Kleur en tekstuur gee woema. Met ’n kwas, ’n stensil en verbeelding kan jy jou huis en meubels omtower. Woeker met glas en rottang, hout en suède, kant en ysterwerk ... Dink weggooigoed, hougoed en optelgoed

Toor met tekstuur

MY LEWE

Die hart van jou huis is ’n kuierplek, kookplek en kreatiewe plek; jou leefvertrek so hartlik soos ’n??knetterende kaggelvuur; jou badkamer ’n spa met romantiese eenvoud, Victoriaanse sjarme en aardse sement ...

MYSELF

Selfmaak is die gonswoord. Tradisionele handwerk skop nes in selfs die modernste dakwoonstelle. Oorskietlap en -planke kry ’n tweede kans, en tuiskantore werk met elke ding op sy plek

Modern & knus

WENNERS:

Dinsdag 27 Oktober: Lisa Joubert

Woensdag 28 Oktober: Marietjie Erasmus

Donderdag 29 Oktober: Celeste Havenga

Vrydag 30 Oktober: Henriette du Toit