Maak ’n BANKIE
Twee ottomans (met nuwe “rokkies” aan en ’n dik
plank bo-op) word ’n nuttige bankie of uitstalplek.

Voor die BED
Skroef langer pote aan jou ottoman en
trek dit oor met blommetjieslap
(of soos jy verkies) en dit word ’n
oulike bedkassie.
In die SITKAMER
’n Ottoman word ’n praktiese
sytafel wat by enige tema pas.
Knus SITPLEK
Uit die ontwerpershand van Lynn Garrett
kry ons ottoman ’n los, gebreide oortreksel.
SKINK die koffie
Met drie ottomans styf teenaan mekaar en
’n los oortreksel bo-oor het jy ’n mooi
lang koffietafel.