Klein beteken beknop? Nooit gesien nie. Jy kan inderdaad ’n knap ruimte so inrig dat daar meer as genoeg leefruimte is.

In die Junie-uitgawe van SARIE (jy kan dit steeds hier aflaai) wys ons dekorredakteurs Lounette en Anita 27 slim planne vir klein ruimtes.

Hier wys ons vir jou 3 van die 27 wenke

1) Dink vertikaal

Dink vertikaal, gebruik jou muurspasie vir ekstra pakplek en installeer rakke.

FOTO: Henk Hattingh FOTO Henk Hattingh

2) Benut al jou spasie

Benut die spasie onder ’n trap. Hier word boeke en tydskrifte in mandjies op die tafel gestoor.

FOTO: Henk Hattingh FOTO Henk Hattingh

3) Stal jou mooi goed uit

Stal jou mooigoed uit op ’n oop rak in die kombuis. Gebruiksgoed word in die kaste gebêre.

FOTO: Henk Hattingh FOTO Henk Hattingh

Lees nou

Só omskep jy ’n goedkoop skinkbord

Kom hekel saam!

5 vertikale tuine wat óns inspireer