Al die goeie goed wat van spieëls gesê word, is waar. Dit laat ’n klein vertrek groter lyk, dit reflekteer lig en verhelder ’n donker vertrek, dit pas by enige dekor, is altyd in die mode en laat jou en jou huis altyd op hul beste lyk.

1. In die eethoek                                  

Die kleurryke spieëls (van Hadeda) gee dadelik ’n feestelike atmosfeer aan die vertrek. Jy het niks meer dekor in die vertrek nodig nie.

spieel1 FOTO Micky Hoyle

2. In jou leefvertrek

Spieëls met interessante vorms is nou baie in die mode. Dié spieëls sal by kontemporêre dekor sowel as by ’n tradisionele of nostalgiese styl pas.

spieel2 FOTO Weylandts

3. In ’n klassieke badkamer

Die verskillende vorms spieëls is opgehang met swart lint, wat die swart vlekkies in die marmer agter die wasbak optel. Die swart-wit kombinasie is tydloos en klassiek. Marmer is een van dié oppervlakke vir die komende seisoene.

spieel3 FOTO Henk Hattingh

4 In ’n eklektiese badkamer

’n Uittrek-spieël word gekombineer met twee hartvormige spieëls. Pleks van ’n badkamerkassie is ’n doelgemaakte swart staalrak gebruik.

spieel4 FOTO Ryno

5. In die slaapkamer

Voel soos ’n filmster en hang ’n versameling gekoopte en gesnyde spieëls teen ’n slaapkamermuur op. Rond dit af met ’n mooi lint of twee. Die meeste glassnyers kan verskillende vorms uitsny. Doen navraag by jou naaste spieëlhandelaar.

spieel5 FOTO Ryno

Lees nou

Planne met ’n swartbord

Herstel dekorfoute

el dekorfoute