Dis Valentynsdag en baie van ons soek nog idees vir ’n oulike geskenk. En as jy  ’n bos rose kry, móét jy ons wenk probeer sodat dit langer hou.

Origami-boekmerk

Neem ’n pragtige stukkie papier (6,5 cm x 13 cm) en vou dit só:

FOTO: NetFlorist FOTO: NetFlorist

Stap 1: Vou die reghoek in die lengte in die helfte met die patroon na buite.

FOTO: NetFlorist FOTO: NetFlorist

Stap 2: Vou weer in die helfte, maar die keer in die breedte. Vou oop. Dis jou middelmerk.

FOTO: NetFlorist FOTO: NetFlorist

Stap 3: Vou die een kant by die middel teen ’n 45 grade-hoek na bo, soos die foto.

FOTO: NetFlorist FOTO: NetFlorist

Stap 4: Herhaal met die ander kant.

FOTO: NetFlorist FOTO: NetFlorist

Stap 5: Draai die papier om. Vou die boonste deel afwaarts - omtrent 1/3 van die gedeelte.

FOTO: NetFlorist FOTO: NetFlorist

Stap 6: Vou die skerp punte aan die bo-kant om ’n hartjie te vorm.

FOTO: NetFlorist FOTO: NetFlorist

Die eindproduk!

Resep om rose langer te laat hou

FOTO: NetFlorist FOTO: NetFlorist

Jou rose moet 8-12 uur lank water drink om die voordele te trek. Met die nodige versorging kan jou rose langer hou.

  • As jou rose vir langer as 15 minute buite water was, sny ongeveer 2 cm van hul stingels af. Sny teen ’n hoek, sodat dit makliker die water kan optrek.
  • Verwyder enige blare wat al verkleur het.
  • Moenie die blomme in ’n metaal-blompot sit nie.
  • Gebruik die blom-kos - dit help baie!
  • Sny weer die stingels elke 2 - 3 dae.
  • Nadat jy dit gedoen het, maak dit vol met nuwe water en voeg weer blom-kos by.
  • Moenie jou rose in direkte sonlig of in ’n warm vertrek sit nie.

NetFlorist verskaf ook ’n resep om jou eie blom-kos te maak

- 1 teelepel suiker (om jou blomme meer woema te gee)

- 1 teelepel bleikmiddel (om die bakterie dood te maak en die water skoon te hou)

- 1 teelepel asyn

- 2 liter water

Meng alles en plaas jou blomme daarin.

Besoek NetFlorist vir al jou blom- en geskenk-behoeftes