Maxwell & Williams het 'n groot verskeidenheid van breekgoed met mooi vrugte-ontwerpe. Die verpakking is net so besonders soos die breekgoed en maak 'n oulike geskenk. 'n Koppie, piering en kleinbordjie word saam verkoop vir sowat R139. Dis beskikbaar by Home etc (takke landwyd). Besoek ook www.maxwell&williams.co.za