Tower jou eie Kersversierings op sodat dit prettig bly vir groot en klein – dis almal se fees. Begin by die Kersboom.

1. Laat jou boom blink

Hang die boom vol goue balle en maak ’n versierstring deur rooi plakkers met die taai kante opmekaar oor ’n goue toutjie te plak. Sorg vir ’n mooi ster aan die boonste tak.

SARIE SARIEKERSFEES12 FOTO Henk Hattingh

2. Goue diere

Koop groterige plastiekdiere by die speelgoed- of plastiekwinkel en draai ’n skroefogie aan die bokant in. Bind ’n goue toutjie daaraan vas ?f plak die toutjie met ’n gomgeweer vas. Hang dit buite aan iets op en spuitverf die versiering goud. Laat dit droog word en dis reg vir die Kersboom!

SARIE SARIEKERSFEES16 FOTO Henk Hattingh

20140920-_X7A8813 FOTO Donna Lewis

Lees nou

5 wenke vir ’n vensterbank-tuintjie

Seisoen se see-trend

Vir die gasheer