Ons winskoop van die maand is dié rol swartbordpapier (sowat R20) van Pick n Pay. Plak dit net waar jy wil, teen die muur, op jou yskas, selfs teen ’n venster.

Sny ’n mooi vorm aan die bokant, en gebruik ’n piering om netjiese rondings vir die onderste hoeke te trek. Trek rugkant stadig en versigtig af terwyl jy plak, en vee terselfdertyd klein blasies uit.

Teken twee bordkryt-lyne oorkruis aan bokant en knip klein driehoek-vlaggies uit geskenkpapier. Plak met klein stukkies alkantkleefband onder lyne vas.

* As jy nie die swartbord-plakpapier in die hande kan kry nie, gaan na www.gordons.co.za  of bel Susi 031 705 8713 of Sandy 082 565 8636.