(Klik op die foto om te vergroot)

Droomtuin

Sy in nie net ’n goeie tuinier nie, maar ook ’n uithaler-kok. Sy het hierdie groente- en kruietuin naby die kombuis aangelê en dit so mooi met haar roostuin gekombineer.

Ernstige kokke

Ronel en haar man, Marienus, is albei mal oor kook en hiervan getuig hul pragtige, goed ingerigte kombuis, kompleet met ’n regte, egte pizza-oond.

Lushof

Die kombuis loop uit op die klein patio wat Ronel in ’n absolute lushof omskep het met plante en ’n klein tafel en stoele.

Kothuis

In die tuin het hulle ’n fraai kothuis vir gaste gebou. Sagte kleure met hier en daar ’n spatsel blou is vir die interieur gekies. Wie sal nou nie hier wil kom oorslaap nie?