Jy het nog altyd geweet tuinmaak is terapeuties, nou wys studies dat dit inderdaad so is. “Tuinmakers en bloemiste is die gelukkigste in hul beroepe, trouens, hulle is byna twee keer gelukkiger as mense in ander meer gesogte en beter betaalde werke,” skryf Paul Dolan, Britse ekonoom en gedragswetenskaplike, in sy boek Happiness by Design.

Aktrise Erica Wessels, een van Tuindag 2018 se Blomkrans-ambassadeurs.

Verskeie studies dui daarop tuinmaak verlaag jou bloeddruk, kalmeer jou gemoed en werk stres en angs teen. Dit lyk of dit mense ouer as 60 se risiko vir ’n beroerte of hartaanval met tot 30% kan verminder.

Nooi dus jou vriende en bure met die gratis poskaart hierby, dek ’n mooi tafel buite en verwelkom hulle met blomkranse wat jy self gemaak het. Dis ’n wonderlike geleentheid om ’n slag terug te sit en jou handewerk te vier.

Hier's jou Tuindag-uitnodiging

Klik hier om die gratis uitnodiging af te laai en stuur dit na jou gaste met WhatsApp!

Hier’s ’n paar idees: 

1. Maak ’n blomkrans

Maak jou eie blomkrans, of laat Suzelle DIY en Blomboy jou wys hoe!

Klik hier vir maklike stap-vir-stap-aanwysings.

SARIE-lesers in Kaapstad en Johannesburg kan op 13 en 20 Oktober gratis leer hoe om hul eie blomkranse te skep vir Tuindag. Klik hier en registreer op www.tuindag.co.za – plek is beperk.

 

2. Dek die tafel vir ’n laatoggend-ontbyt

Nooi jou hartsmense vir ’n rustige laatoggend-ontbyt in die tuin. Dek die tafel onder ’n koelteboom of op die stoep met potplante as versiering. Maak die kuier spesiaal met hierdie maklike geregte. Klik op die gereg se naam vir die volle resep. 

Franse roosterbrood RESEP: Herman Lensing FOTO: Donna Lewis

Franse roosterbrood

Basiliekruidrolletjies RESEP: Herman Lensing FOTO: Donna Lewis

Basiliekruidrolletjies

Sagte eiers met aspersies en spek RESEP: Herman Lensing FOTO: Donna Lewis

Sagte eiers met aspersie en spek

3. Hou ’n potplant-partytjie

Almal hou van ’n vetplantjie of kruie in ’n mooi pot. Nooi jou gaste om saam hul potte te kom mooi maak. Al wat jy nodig het, is ’n paar stroke lap!

Versier self jou potplant

Maak dit so:  

Benodigdhede

1. Ou plantpotjies of selfs blikkies

2. Bont katoen-oorskietlappies

3. Modge Podge (te koop by stokperdjie- en die meeste verfwinkels)

4. Kwas

Was jou planthouers in warm water en laat goed droog word. Plaas koerantpapier op jou werkvlak. Knip lap in stroke. Neem een vir een en verf met ’n dik laag Modge Podge. Plak rondom die buitekant van die pot in rye wat oorvleuel, maar laat gaatjie in bodem oop vir water om uit te loop. Vryf lappies goed plat om alle blase te verwyder. Verf nog ’n laag Modge Podge oor en laat heeltemal droog word. Was die kwas skoon in seepwater. Die pot is nou gereed om iets in te plant.


Maak reg vir Tuindag

Of jy nou ’n gesoute tuinier is of iemand wat graag groen vingers wil kry, daar’s ’n app wat jou kan help!

Die gratis Candide-app het ’n omvattende databasis van verskillende plante en hoe om hulle te plant en te versorg. Kry die antwoorde op jou plantvrae en leer meer oor plae en siektes asook die biologiese en chemiese metodes om dit te bestry.

Jy kan gesels met tuinboukundiges en aansluit by ’n plaaslike en internasionale tuinmaakgemeenskap. Boonop het die app ook ’n gids om maklik kwekerye en interessante tuine te vind.

Klik hier om die app af te laai.

Besoek Tuindag se webtuiste vir meer idees en ’n kalender van interessante projekte en werkswinkels rondom 21 Oktober. Volg hulle ook op Facebook, Twitter en Instagram.

Wys hoe vier jy saam deur #gardenday in jou sosiale media te gebruik en "tag" vir @gardendaysa.