Ons hande gaan vir niks verkeerd staan nie, hou tendensvoorspeller Li Edelkoort vol. Breiwerk, hekelwerk, stikwerk en borduurwerk sal ál meer ons huise en klerekaste tooi. 'n Beperkte oplaag van die nuwe SARIE kreatief sal van 18 Junie sáám met die Julie-uitgawe van SARIE in uitsoektakke van CNA, Checkers en Exclusive Books teen R80 te koop wees.

Sou jy dié gesamentlike uitgawe misloop, kan jy SARIE kreatief vanaf 16 Julie op sy eie teen R60 (posgeld uitgesluit) by Julian Padua bestel.

Kontak hom Maandag tot Vrydag van 08:30 tot 16:30
by 021 408 1291 of wmverkope@media24.com om ’n bestelling te plaas.