Kleurekrans
Gebruik al jou ou Kersballe om ’n besonderse krans te maak. Koop by ’n bloemis ’n oase-ring. Knip bloemistedraad in langerige lengtes en buig hulle in haarnaaldvorms. Haak balle hieraan en steek hulle dig teen mekaar in die oase in. As die balle te los voel, anker hulle met ekstra bloemiste-draad. Rond af met ’n mooi lint om die krans aan te hang.
Welkom, Kersfees!
Laat jou voorportaal dit met kerse enversierings aankondig: Kersfees is hier!Handgeskilderde glasraam-spieël, groot kruise, klein kruis, donkerrooi glasballe en metaaltafel van Hadeda. Goue kranse van Kenly. Versier hulle met speldekussing-blomme. Klein gekleurde teeliggies van @home. Ander items stilis se eie.
Teen die lig
Glasharte en Kersballe in ’n vensterraam skep atmosfeer. Rangskik die balle op die vensterbank. As hulle rondrol, kan jy hulle stut met klein stukkies wondergom. Hang Kersversierings in die vensterraam. Glasharte en hake van Hadeda. Groot rooi balle van Kenly. Die meeste ysterwarewinkels verkoop kettings per meter.