Kleurekrans (foto regs)
Gebruik al jou ou Kersballe om ’n besonderse krans te maak. Koop by ’n bloemis ’n oase-ring. Knip bloemistedraad in langerige lengtes en buig hulle in haarnaaldvorms. Haak balle hieraan en steek hulle dig teen mekaar in die oase in. As die balle te los voel, anker hulle met ekstra bloemiste-draad. Rond af met ’n mooi lint om die krans aan te hang. Teen die lig Teen die lig.
Glasharte en Kersballe in ’n vensterraam skep atmosfeer. Rangskik die balle op die vensterbank. As hulle rondrol kan jy hulle stut met klein stukkies wondergom. Hang Kersversierings in die vensterraam. Glasharte en hake van Hadeda. Groot rooi balle van Kenly. Die meeste ysterwarewinkels verkoop kettings per meter.