BENODIGDHEDE

  • wit katoenmateriaal
  • blou borduurpen wat verdwyn
  • bruin en swart stringborduurgare
  • borduurnaald

MAAK SÓ

Druk die motief hieronder uit. Plak die prent teen ’n venster met die materiaal bo-oor. Teken na met ’n blou borduurpen. Borduur deurgaans met 3 borduurdrade saam in kleure soos op foto. Werk buitelyne in stamsteek, die binnelyne van lyf in rygsteke en die stert se binnelyne met enkel-kettingsteke. Spuit liggies nat om penmerke te laat verdwyn. Pars aan agterkant en raam.

(Regsklik en save. Druk dit dan uit)maak dit self jakkals

FOTO: Henk Hattingh FOTO: Henk Hattingh