Deel

Découpage jou eie stoel só

akkreditasie

  Gebruik 'n houtstoel met 'n groterige rug of sitplek
  Neem 'n medium growwe sandpapier (soos nr. 80) en skuur die oppervlak effe skurf.
  Maak kleurfotostate (A3 grootte) van 'n Afrika-kaart tot jy genoeg het om jou stoel heeltemal te bedek. Gebruik Modge Podge (te koop by stokperdjie- en hardewarewinkels) wat terselfdertyd as gom én verseëlaar dien.
  Smeer die Modge Podge eweredig met 'n kwassie oor die sitplek.
  Plak 'n vel op 'n slag sodat die rande verby die stoel se rand steek. Vryf dit goed vas - moet dit nog nie afsny nie.Plak die volgende velle op dieselfde manier tot die hele stoel bedek is, maar laat dit oorvleuel sodat die kaart presies pas. Vryf die velle goed plat sodat daar nie blasies is nie en laat dit oornag droog word. Neem 'n skerp kunsmessie en sny oortollige papier tot teenaan die stoel se rand af. Verf 'n hele paar lae Modge Podge in die teenoorgestelde rigtings oor die hele stoel en laat dit na elke laag droog word voor jy die volgende laag aanwend. Verf 'n paar lae tot jy voel die papier is nou goed beskerm.
JONGSTE UITGAWE

Mei/Junie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees