WAG-’N-BIETJIE (foto regs)
Die inspirasie vir dié mooi plakpapier is die wag-’n-bietjiebos. Dit lyk goed saam met ’n kassie met ’n antieke voorkoms, ’n Victorian Ghost-ontwerperstoel en ’n romantiese bedlampie.
Vir jou oorbelle en hangertjies

Stik stroke swart kant op pienk satyn vas en sit dit in ’n ouwêreldse raam. Haak jou oorbelle aan die kantstroke en hang hangertjies oor die hoek van die raam.

HOU DIT MIN

HOU DIT MIN.

Die betraande bokkie wat teen brandstigting in ons berge gewaarsku het, lê ons almal na aan die hart. ’n Kaggel is gewoonlik die fokuspunt van ’n vertrek. Groepeer dus min items op jou kaggelrak, maar van jou mooiste goed. Hou kleure en lyne eenvoudig. As jy nie ’n kaggel het nie, steek ’n paar kerse aan vir ’n gesellige winter-atmosfeer.

VIR WARMTE

Herwonne glaspotte herinner aan vergete vorms soos ’n ou asynfles en medisynebottels. Skep winterwarmte deur só ’n groepering potte in skakerings van bruin en oranje teen ’n venster
te sit. Hierin het jy net enkele blomme - ’n kraanvoëlblom, proteas en ’n peperboomtakkie - nodig.

HANG UIT

Maak ’n aantrekhoekie in jou slaapkamer met so ’n dekoratiewe kapstok. Jou klere hang reg vir môre en jou spieël is byderhand.