Jy benodig ’n Goue onderbord, prente (ons het prente van die ou meesters op die internet gevind), ’n skerp skêrtjie, ’n kwas, Modge Podge.
Maak só Knip die agtergrond van die prent so veel as moontlik weg.
Verf die bord (en nie die prent nie) met ’n laag Modge Podge. Plaas die prent daarop en druk goed vas. Laat droog word. Verf ’n paar lae Modge Podge bo-oor.