Enige jong kind gaan mal wees oor dié hasie-eiermusse en fraai mandjie. Dit is ideaal as versiering vir ’n Paastafel, maar kan regdeur die jaar geniet word.

Afkortings

beg begin

do draad oor

gl glip

her herhaal

r regs

rek reksteek (elke ry r)

RK regte kant

st(e) steek(steke)

tes tesame

VK verkeerde kant

vlg volgende

Hekel-afkortings

gls glipsteek

her herhaal

kb kortbeen

ks kettingsteek

lb langbeen

rdte rondte

Grootte

Eiermussies: omtrent 15 cm van die basis tot by die punt van die oor.

Eiermandjie: omtrent 16 cm hoog.

Jy benodig

Let wel Baie min breidraad is vir dié projekte nodig, dus is dit ’n wonderlike manier om oorskiet-breidraad op te gebruik; vir een eiermussie het jy 5 g Kid-Silk- en 20 g Merino-breidraad nodig.

Eiermusse

• 1 x 50 g-bol DROPS MERINO van Garnstudio elk in naaswit kleur no. 100 en liggrys kleur no. 05

• 1 x 25 g-bol DROPS KID-SILK van Garnstudio elk in naaswit kleur no. 001 en grys kleur no. 10

• 1 x 25 g-bol DROPS SILKE-ALPACA van Garnstudio in ligpienk kleur no. 3140

• swart oorskiet-breidraad

Eiermandjie

• 2 x 50 g-bolle DROPS MERINO van Garnstudio in naaswit kleur no. 100

• 1 x 25 g-bol DROPS KID-SILK van Garnstudio in naaswit kleur no. 001

• 2 x 25 g-bolle DROPS SILKE-ALPACA van Garnstudio in ligpienk kleur no. 3140

• 4 mm-breipenne

• 3,5 mm- en 5 mm-hekelpenne

• breispeld

Spanning

19 ste en 38 rye = 10 cm oor rek met 4 mm-penne en een draad van elke breidraad saam gebrei.

Hasie

Stel 30 ste op met 4 mm-penne en een draad van elke breidraad.

Brei in rek tot werk 8 cm van die beg is, eindig met ’n VK-ry.

Vorm ore

Vlg ry (RK): heg 1 st af, r vlg 14 ste en gl die oorblywende 15 ste op ’n breispeld.

Brei in rek verder oor dié 14 ste totdat die stuk 7 cm van die breispeld is.

Knip die breidrade en steek dit deur al 14 ste op die pen, trek styf teen mekaar en heg af. Laat ’n stuk breidraad agter wat lank genoeg is om die naat toe te werk. Een oor is voltooi.

Las die breidraad aan die oorblywende 15 ste op die breispeld, r 13 ste, r2 tes [14 ste].

Brei nou oor dié ste verder soos vir die eerste oor.

Afwerking

Vou die ore in die helfte en werk die naat toe van die afhegrand tot by die hoofdeel. Vou die mus in die helfte en werk die naat toe – dit is vir die middelagter.

Voltooi só

Om ’n strik te maak, gebruik die ligpienk breidraad en 3,5 mm-hekelpen en hekel ’n ketting van 35-40 cm. Bind die gehekelde tou om albei ore en knoop in ’n netjiese strik. Borduur ’n kruissteek vir elke oog met die swart breidraad.

Maak ’n groot, los knoop met die ligpienk breidraad en heg dit aan die voorkant vas onderkant die oë vir die neus.

Eiermandjie

Stel 28 ste op met 4 mm-penne en een draad van elke breidraad.

Brei in rek tot werk 15 cm van die beg is, eindig met ’n VK-ry.

Stel 43 ste op aan die beg van die vlg 2 rye [114 ste].

Brei in rek oor dié ste verder tot werk 13 cm van die nuut opgestelde ste is.

Vlg ry tot ogie-ry: r4, * r2 tes, do, r5; her van * tot by laaste 5 ste, r2 tes, do, r3.

Vlg ry: r, en brei versigtig oor die do van vorige ry.

Brei nog 3 cm oor dié ste, eindig met ’n VK-ry.

Heg al die ste lossies af.

Afwerking

Werk die mandjie aan mekaar volgens die diagram, met die naat 1 st in van die buiterande af. Werk A aan A vas, B aan B, C aan C en D aan D. Werk die naat by middelagter toe.

Gehekelde rand

Met 3,5 mm-hekelpen en een draad ligpienk breidraad, hekel rand soos volg: beg by die naat in middelagter, hekel * 1 kb, 3 ks; 1 lb in die 1e ks, slaan omtrent 1 cm van breiwerk oor; her van * tot einde, eindig rand met 1 gls in die kb aan beg van rdte. Heg breidraad stewig af.

Tou

Hekel met 5 mm-hekelpen en twee drade van die ligpienk breidraad ’n ketting van 75 cm. Knip die breidraad af en maak ’n stewige knoop aan elke punt. Beg by die middelvoor, ryg die tou deur die ogies en knoop die punte in ’n netjiese strik.

Diagram vir die stik van die mandjie:

Eiermandjies en -mussies idees

* Paashaas-eiermussies en eiermandjie, ontwerp deur DROPS (garnstudio.com).

Eiermandjies en -mussies idees

** Dié artikel het oorspronklik in Idees, April 2016, verskyn.