SIT MOOI (foto regs)
Gee nuwe lewe aan ’n ou bal-en-klou-stoel met Plascon Pearl-verf. Voeg 2 druppels swart verftint by die wit Pearl vir ’n effe grys kleur. Laat druk mooi voëlname op materiaal by Omnigraphics. Bêre jou ontwerp op CD. Formaat: PDF 300dpi.

SÊ DIT MET ’N VEER

Maak geskenk-etikette van vere en mooi lint en skryf ’n spesiale Paasboodskap daarop. Etikette by kantoorbenodigdhede-winkels te koop. Gebruik alkant-kleeflint om die veertjies vas te plak.

VLIEG HOOG

’n Verskeidenheid voëls en diere was die inspirasie vir hierdie mooi kamerverdeler. ’n Optelnessie kry ’n ereplek in jou huis. Vleg ’n mooi lint deur die dorings.