Benodigdhede: Resbietjies dubbelbreidraad en 'n hekelpen van 4 mm.
Afkortings: Beg - begin; dies - dieselfde; gs - glipsteek; her - herhaal; kb - kortbeen; ks - kettingsteek/-steke; lb - langbeen; rdte(s) - rondte(s); sp(s) - spasie(s); tes - tesame; vlg - volgende.
Hekel só:
1e rdte: Beg met 5 ks en las met gs om 'n ring te vorm.
2e rdte: 3 ks (= deurgaans 1e lb), 1 lb in ring, (1 ks, 2 lb in ring)5 keer, 1 ks, las met gs aan 1e lb (daar's dus 6 groepies).
3e rdte: Neem vlg kleur en hekel in elk van die 6 ks sps: 2 lb 1 ks en 2 lb. Las met gs aan 1e lb.
4e rdte: Neem vlg kleur en hekel 7 lb in elk van die 6 ks sps Las met gs aan 1e lb.
5e rdte: Neem vlg kleur en hekel 1 kb in elk van vlg 7 lb, maar hekel (tussen 2 lb van 3e ry) 'n lb wat jy deurhaak na die 3e ry om 'n blomblaartjie te vorm . (= dus 7 kb en 1 lb) 6 keer.
6e rdte: Neem vlg kleur en hekel 1 lb in elke kb, maar hekel 1 lb 1 ks en 1 lb in middel van elke blomblaartjie. Heg af.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET