Dek ’n ontbyttafel op ’n tafeldoek wat jy self versier het met gehekelde blomme. Dis ’n vinnige, maklike projek en jy kan jou eie gunsteling-kleure kies. Ons het die kleure denim en haselneut gebruik om by die growwe aardsheid van die linnedoek te pas.

Grootte van blom

Sowat 5 cm in deursnee

Benodigdhede

Elle nr. 5-hekeldraad in kontraskleure

2 mm-hekelpen

Maak so

Hekel 6 kettingsteke en las ring met ’n glipsteek.

Volgende rondte: (1 dubbelslagsteek en 2 kettingsteke) 10 keer in ring.

Volgende rondte: 1 kortbeen, 3 dubbelslagsteke en 1 kortbeen in elke 2 kettingsteek-spasie.

Heg af. Werk vas op tafeldoekrand.

Lees nou:

Hekel ’n oortreksel vir ’n bankie

Gee ou plantpotte nuwe lewe

Brei maklike plekmatjies van tou