Dit was een van ons gewildste patrone en ons plaas dit graag weer. Jy kan op dié manier van al jou oorskietwol ontslae raak. Gebruik katoen-, wol- en bamboesdrade wat almal van dieselfde dikte is. Sodoende kry jy ’n kombers met interessante tekstuurvariasies.

Grootte

1 gehekelde blommetjie = sowat 5 cm

Besluit self hoe groot die kombers gaan wees.

pic_000031c

Benodigdhede

Oorskiet-dubbelbreidraad (jy benodig 3 kleure vir elke blommetjie). Ons het selfs oorskiet-tapisseriewol gebruik. 4mm-hekelpen

Spanning

1 gehekelde blom = sowat 5 x 5 cm met dubbeldraad en ’n 4mm-hekelpen

Hekel-afkortings

beg - begin

dr - draai

gs - glipsteek

her - herhaal

ks - kettingsteek

lb - langbeen

ls - lus

rdte - rondte

sp(s) - spasie(s)

vlg - volgende

Hekel só

1ste rdte: Beg met 5 ks en las met gs om ’n sirkel te vorm.

2e rdte: 3 ks (= deurgaans 1e lb), 11 lb in ring, las met gs aan 1e 3 ks (= 12 lb).

3e rdte: Neem vlg kleur en hekel in vlge sp (2 lb, 1 ks en 2 lb, slaan 2 lb oor) totdat jy 6 groepies het, las met gs aan 1e lb.

4e rdte: Neem vlg kleur en hekel 7 lb in elk van die 6 ks-sps. Las met gs aan 1e lb.

Afwerking

Werk die blommetjies aan mekaar vas.

Hekelles: Langbeen

Begin deur 'n paar ks te hekel en dr; om die lb te hekel slaan ekeldraad om pen, steek pen deur 4e ks vanaf pen, slaan hekeldraadweer om en trek deur 2 lusse;Slaan weer draad om pen en trek deur albei lusse op pen;Voltooide lb.

Lees nou

Maak reg vir somer

Dek dit mooi