VERF ’N DOEK
Koop klein skilderdoeke, akrielverf en geskenkpapier met teekoppies op. Verf die doeke in sagte kleure en laat droog word. Knip prente uit en smeer ’n laag Silk Art Podge (vir papier) oor die doek en plaas die prent in posisie. Vee lugblasies versigtig met die kwas uit. Laat droog word en verf weer 2 tot 3 lae Podge.

PLAK JOU MUUR

PLAK JOU MUUR.

Hou al jou gebreekte porselein-skerwe en maak só ’n mooi mosaïek-spatbord agter jou buite-wasbak. Plak die skerwe met teëlsement teen die muur vas en laat dit oornag droog word. Meng voegbry (grout), 3 dele poeier en 1 deel water, laat 20 minute staan en smeer egalig met ’n koekspaan tussen die openinge in. Vee oortollige voegbry netjies van die stukke af. Laat oornag en was weer skoon. Poets blink.

SKEP ’N SPELDEKUSSING

SKEP ’N SPELDEKUSSING.

’n Gekraakte, pieringlose koppie kry ’n tweede kans - dié keer as speldekussing. Plaas ’n gewiggie onderin die koppie en vul dit met stopsel. Knip ’n sirkel effens groter as die deursnee van die koppie en ryg dit in.  Vul dit ook met stopsel. Gebruik Bostik Clear Gel en plak dit om die rand van die koppie vas. Jy kan selfs jou klein oorbelle so ophang.