Tydsaam (foto regs)
Bring ’n koue, triestige dag deur in ’n gemakstoel waar dit warm is. Omring jou met alles waarvan jy hou - breiwerk, jou hond op sy eie kussing, ’n mooi boek en kos wat stadig prut op die stoof. (Nuwe elektriese en Aga-gasstowe is beskikbaar, sien Koopgids vir verskaffernavrae.) Kastrol van Koöperasie stories, leersak van African game skin. Ander items stilis se eie. Brei jou eie kombers: skryf aan saprotex vir die volledige patroon (Stuur ’n self-geadresseerde koevert na Saprotex, SARIE-kombers, Posbus 1293, Oos-Londen 5200) óf kry dit by www.knit1.net. Liefdeseël Liefdeseël.
Maak op ’n lui Sondagmiddag ’n mooi kaartjie vir Vadersdag. Vou ’n handgemaakte A4-papier in derdes vir die koevert. Gebruik verseëlwaks op ’n maklike en veilige manier: Steek waks-stafie aan die brand en smelt ’n groterige druppel waks in ’n ou piering, pleks daarvan om dit direk op die papier te drup. Druk dit met ’n verseël-stempel plat nadat dit ’n bietjie afgekoel het. laat heeltemal afkoel voordat jy dit afhaal. Plak ’n stukkie dubbelgevoude lint met kontakgom aan die agterkant van die seël vas voordat jy dit op die koevert plak. Skryf ’n mooi brief op ’n gladde stuk papier wat jy in die handgemaakte koevert sit. Handgemaakte glasbakkies van iNini glass en skryfbehoeftes van Le Papier du Port.
Geblom Geblom.
Dis tyd vir ’n koppie tee en ’n sny roosterbrood met lekker konfyt. Dek die tafel met handgemaakte breekgoed van nicola harris design en ’n tafeldoek wat jy self versier met gehekelde blommetjies.
Hekel die blommetjies só:
Neem Pingouin-hekelgare-nr. 5, ’n 2 mm-hekelpen en hekel 6 kettingsteke (ks) en maak ’n lus. Hekel 1 dubbelslagsteek (dsl) en 2 ks 10 keer in lus.
Volgende rondte:
Hekel 1 kortbeen, 3 dsl en 1 kortbeen oor elke 2 ks. Werk vas op die tafeldoek se rand.