Welkomsgroet
So mooi soos dit lyk, net so funksioneel is hierdie ou
bal-en-klou-lessenaar (R6 500) van Finders Keepers
(finderskeepers.co.za). Jy kan dit bloot ’n lagie verf in jou
gunsteling-kleur gee vir ’n vars voorkoms. Sleutels of rekeninge
sal nie weer jou ingangsportaal ontsier nie! Kandelaar (R1 400)
en versilwerde stoel (R2 800), ook Finders Keepers.
Interessante herwonne bottel-blompotte (R180 – R200 elk), Elaine.
(Die ou bottels word weer gevuur om ’n nuwe vorm te gee voordat
dit afgesaag, gesandblaas en herpoleer word. Dit maak ook mooi
waterkraffies op jou etenstafel.) Glas-kershouer  (R59,95),
Home Comforts
. Oorspronklike skildery (R4 850), Lyndi Sales,
beskikbaar by Liannne@Handmade Framing.
Muur geverf met Plascon se Green Gold/Y6-C1-3,
beskikbaar by Builders Warehouse.

Groen VINGERS
Gebruik jou lessenaar as ’n muurtafel of uitstalplek in jou sitkamer.
Trek die laaie oop en meet die afstand van laai tot laai. Voeg 8 cm by vir ’n oorhang weerskante. Laat sny glas van 6 mm dik volgens
dié mate. Plaas dit op die oopgetrekte laaie. Stal jou versameling
glaspotte en vetplante daarop uit. En laat ’n draad-worshondjie (R995/L’Orangerie) – met sy eie bal-en-klou-pootjies – waghou.
Reuse-kunstenaarsdoek (sowat 2 x 1,5 m) van die Okavango Delta
(R3 500), CanvasAfrica, (canvasafrica.co.za). Glaspotte van links na
regs (agter): hoë vaas (R355), kelk (R165), handgeblaasde silindervaas
(R740), houer met deksel (R295) en bolvormige groot vaas (R355),
almal Loft Living. Glas-potplanthouer (R69,95), Woolworths.
Blompotte heel voor (R60 elk), O.live.

Onder GLAS
Laat sny ’n dik stuk glas (nie dunner as 6 mm nie) so groot soos die lessenaarblad. Onthou om jou glashandelaar te vra om die rand glad te
poleer. Knip ’n stuk oorskiet-plakpapier so groot soos die blad en verf
dit met Plascon se nuwe Metallic Silver DRM1. Herwin en hergebruik ’n
ou of stukkende kandelaar se kristaldruppels en hang dit om die rand
van ’n glasvaas (R99,95/Woolworths). Ons het klein hakies van ’n
deurgeknipte skuifspeld gebuig en die kristalle daaraan opgehang. Miniatuurlampskerms  (R50 vir 3) van Pepper Plum
(pepperplum.co.za) pas oor ’n wynglas om oulike teeliggies
te maak. Ander items stilis se eie.

Mooimaak-PLEK
’n Lang, smal, ovaalvormige spieël (R1 000) van O.live en plakpapier (Casamance, R1 095 per rol van 50 cm x 10 m) van Hertex Fabrics maak dié voorkoms nostalgies-kontemporêr. Geslypte loodglas-mandjie
(R1 600), Finders Keepers. Koppie en piering (R65) en melkbeker (R59), @home. Perlemoenraam (R169), groen bakkies (R109 elk) en
metaalskinkbord (R199) waarop parfuumbottels staan,
Loads of Living.
Glasbak met deksel (R200), O.live. Spieëlboksie
(R49,99), Mr Price Home. Handskoene (R289), Accessorize.
Parfuumbottel met glasprop (R195) en ringhouer (R95) op die voorgrond, Spilhaus. Ander items stilis se eie.

Studeerhoekie
Die plakker-kandelaar (R249, verpakking en posgeld uitgesluit) is van
Dewaalart en is 65 x 65 cm groot. Die wit CD-bêrebokse met
naamplaatjie (R80 elk) en die interessante Yo-lite-lig (links van glasbol,
R145) kan bestel word van Pepper Plum (pepperplum.co.za).
Glas (R10,99) en skêr (R19,99), Clicks. Sneeubal-fotoraam (R300),
blinkertjie-kramdrukker (R89) en kleeflint-houer (R199), @home. Handgemaakte wit boek (R727), T & Co. Stoel (R977),
chair crazy (chaircrazy.co.za).
Ander items stilis se eie.