Snuffel in die winkels rond of koop op die internet, maak dit self of tel dit buite op – mooi vra net ’n slim oog.

Internet-kopie

Die vinielmuurplakker (en nog baie ander) kan by www.dewaalart.com bestel word. Pryse wissel na gelang van grootte en ontwerp. Sytafeltjie, wat ook as bedkassie kan dien (R2 495), Loft Living. Glasvase (R119, R149 en R189) en ghost-stoel (R2 995), Weylandts. Country Road-sak (R499), Woolworths. Hoëglansvoetstoel (R999), Weylandts. Muurkleur is Ocean Liner (B6-E1-4) van Plascon.

OptelgOed, hougoed
Skroef plat ophanghakies aan die agterkant van die tak vas en dekoratiewe hakies aan die voorkant. Melkbekers van links na regs: Nocturnal Affair (R75), The Pause Room (R94), Loft Living (R125) en The Pause Room (R94). Op tafel: groot houtbord (R300), Die Wingerdspens. Ovaalbakkie (voor, R350) en groen borde (R199 elk), alles Poetry. Groot grys bord (onder bekers, R349) uit die eksklusiewe Country Road V&A-winkel. Stoel (prys op aanvraag), Hope Garden Furniture. Ander bekers en tafel stilis se eie.
Self gedoen
Aan die reguit onderkant van die broekielace is daar skroefgaatjies wat uitstaan. Sny hulle met ’n skerp matmes af sodat dit plat teen die muur vasgeslaan kan word. Verf die broekielace met ’n onderlaag (universal undercoat) voordat jy dit dieselfde kleur as jou muur verf. Slaan die broekielace op die hoogte van jou keuse vas met Hilti-spykers. Druk Hilti-plastiekdoppies oor die spykerkoppe vas en verf toe. Raam (R550), kraffie (R179) en glase (R79 elk), Poetry. Stoele en tafel (prys op aanvraag), Hope Garden Furniture. Hoed en tekkies, Country Road. Emmer (R124,95) en plante, Stark Ayres. Houtkissie (R279), Loads of Living.
Versier met kruie
Kruie hoort nie net op jou vensterbank of in die tuin nie. As blomme skaars is, lyk hulle net so mooi in jou leefvertrek. Groepeer saam op ’n groot bord (R349) van Country Road (eksklusief aan V&Awinkel). Tafeltjie (R2 495), Loft Living. Potte stilis se eie.
Uit die winkel
Die spierwit hoëglans-kassie (R4 500, @home livingspace) het verskeie rakke en ’n opening aan die rugkant waardeur elektriese drade geryg kan word. Dit lyk ewe mooi in ’n slaapof leefvertrek. Deursigtige stoel (R1 900) en fotorame (R99 en R69), @home livingspace. Linnegordyn (R320 p.m., BTW uitgesluit), Ultimo Macaroon. Geknoopte Belgiese mat, beskikbaar in 3 groottes (vanaf R5 200, BTW ingesluit), Hertex Fabrics. Kussings (R349 en R399), Country Road.
Maklike gordyn
Koop sowat 2,7 meter materiaal per gordynlengte (drop). Stik ’n smal dubbelgestikte soom reg rondom. Koop pompons by ’n stokperdjie- of naaldwerkwinkel en werk elkeen met ’n lang kraaltjie aan die bo-rand van die gordyn vas op gelyke afstande (of koop pompon-koord – maklik!). Vou bo-rand om om die val te vorm. Knip gordynhakies op gelyke afstande aan die bo-rand vas en haak deur gordynringe. Gordynstok en benodigdhede, Decorland in Gamewinkels. Pryse wissel na gelang van lengtes en style. www.decorland.co.za
Lampkappe van papier
Soek op die internet ’n mooi lettertipe (via Google: “clipart”). Fotostateer dit op gekleurde papier, plak letters op papierlampkappies en dek vir elke  ete-gas haar eie miniliggie – die lampkappies pas oor wynglase. Maak só Ons het ’n groot bord (sowat 30 cm in deursnee) gebruik om ’n sirkel op mooi papier te trek. Gebruik ’n koffiebeker om ’n kleiner
sirkel in die middel van bg. te trek. Knip albei sirkels uit. Knip ’n wig van sowat ’n derde uit die ring papier wat oorbly. Skuif geknipte sye oor mekaar totdat die lampkap die regte grootte is om oor wynglas te pas. Plak vas. Plaas ’n teeligkersie in elke wynglas en plak ’n letter op elke lampkap. Stut lampkappe op die glase met ’n bietjie wondergom. Agtergrondmateriaal is Singapore Sling (R980 p.m., BTW uitgesluit), Hertex Fabrics.
Portaal-Spieël
Hang ’n spieël naby jou voordeur sodat jy vir oulaas hare en grimering kan regtrek. Dié slim spieël met hortjie-deure (R1 100) is van Loft Living.