Benodighede

  • 1 x 50 g-bol rooi katoenbreidraad (dubbeldraad) soos Elle premier natural Cotton
  • resbietjie katoenbreidraad in ’n ligter kleur
  • grootoog-naald

FOTO: Henk Hattingh FOTO: Henk Hattingh

Maak so

Knip ’n lang stuk rooi breidraad, ryg dit deur naald se oog en vou dubbel. Werk kruissteke deur die gaatjies van rottangsitplek as rooster te gebruik; steek naald van onder af na bo deur een van die gaatjies, laat ’n stukkie afhang wat later gebruik word om draad onder nuwe steke weg te werk.

Werk in rye deur eers die onderste skuins bene van die steke te werk en dan terug te kom met boonste skuinssteke om kruise te voltooi. Sorg deurgaans dat kruise almal in dieselfde rigting le^. Begin elke keer met ’n nuwe string breidraad deur ’n knoop in die punt te maak en onder vorige steke weg te werk. Voltooi sitplek.

Neem die ligter kleur en werk groot kruise soos op foto.