Immergewilde geometriese patrone kan kalmerend en ordelik wees, of dit kan fassineer en jou oë mislei. Kies self hoe jy daarmme in jóú huis wil speel. Só maak jy jou eie geometriese kombers.

Laslapblokke wat pas

Doen die laslapwerk s?:

Trek ’n vierkant van 18 x 18 cm. Trek in die middel ‘n diagonale streep om die blok in 2 driehoeke te verdeel. Verdeel die een driehoek weer diagonaal.

Geometriese kombers

Knip dit los

Geometriese kombers

Plaas die groter driehoek en ‘n kleiner een op ‘n nuwe vel papier, trek ‘n 6 mm-naat rondom elk en knip uit.

Geometriese kombers

Gebruik die patrone en knip 56 groot driehoeke uit hoofkleur en 56 kleineres elk uit ander 2 kleure.

Geometriese kombers

Stik vierkante met die kleure almal in dieselfde volgorde vas bv. pienk links, grys onder en geel bo.

Geometriese kombers

Stik 7 vierkante aanmekaar sodat jy 8 stroke het.

Stik stroke aanmekaar.

Werk noukeurig sodat nate presies ooreenstem.

Stryk alle nate na een kant.

FOTO: Henk Hattingh FOTO: Henk Hattingh