Benodigdhede

  • stewige papier of dun karton in die kleure van jou keuse
  • grafiekpapier (of ons patroon)
  • kunsmessie of ’n klein skerppunt-skêr
  • teelig-kersies

Maak só

Teken die voorkant van die huisie en twee ewe groot sykante, wat na agter gevou word om die symure te vorm (sien skets onder), op grafiekpapier as jy jou eie ontwerp gaan gebruik. Ons patroon kan net so nagetrek word op die gekleurde papier.

Sny of knip 2 hiervan versigtig uit. Sny ook die deure en vensters uit. Vou dan die sykante sodat dit met mekaar oorvleuel en plak vas. Sit ’n teelig-kersie in die middel van die huisie.

Regsklik en SAVE. Druk dit dan uit.

huisliggies patroon Aflaaibare patroon vir huisliggies