Dalk wil jy dié jaar elke rand rek of sommer net iets met jou eie hande maak. Nes jy wil! Ons help graag met die volgende selfdoen-projekte vir dié feestyd:

Krismispakkie

1. Nóg geskenkkaartjies nodig? Druk dié mooiste reeks gratis uit, knip en skryf jou vredesboodskap.

2. Maak jou eie Kersboom uit karton: 'n Stewige stuk karton, messie, liniaal, gomstiffie en die diagram. Dis al wat jy nodig het om ons boompie te maak.Tooi dit dan met die lieflikste lint en skitterende sterretjies. 

Ekstra pasella! Hier's 'n spesiale Kuier-Kersspyskaart nét op sarie.com.