SARIE-JUNIE 2010

LASLAPSTOEL

Skroef sitplek van stoel af (indien moontlik) en verf die houtwerk met swart hoëglans-verf. Knip uit wolstof (of enige sterk, duursame lap) blokke van 20 x 20 cm. Stik die blokke netjies aanmekaar totdat dit groot genoeg is om oor die sitplek en rugkant te pas. Stryk nate oop. Kram dit styf en gelyk oor die sitplek en rugkant vas met 'n kramgeweer - of laat 'n stoffeerder dit vir jou doen.

Agtergrond Materiaal

Die muurpanele is Nutec Woodpanneling Boards (www.everite.co.za) wat gemaak is van 'n sementmengsel - geen asbes nie. Dis weerbestand, vir binne of buite. Jy kan dit verf of beits (wood stain). Die verfkleur is Plascon se Smoky Wings B6-E1-3 met Broken Shell B6-E2-2 liggies daaroor gesleep (drag): Gebruik 'n breë kwas met min verf vir dié verftegniek. Mat (prys op aanvraag), Gonsenhausers Fine Rugs. Tafeltjie (R4 995) en mandjie (R399), Weylandts. Rooi kuns-koraal (R155), Loft Living. Bokhaar-kombersie(R715), Spin Knits. Middelste kombers (R99), Woolworths (sien ook bl. 103).Gebreide kussing se patroon verskyn op bl. 106. Vind mooi see-prente (en nog baie meer) by www.panteek.com.