Piekniekblik

Fotostateer prente van jou keuse en knip hulle versigtig uit. Plak hulle met waterdigte Podge-gom op die blik vas. Laat droog word en verf 'n paar lae Podge oor en rondom die prente om dit te verseël. Laat droog word tussen lae. Onthou, as jy die blik in die vervolg was, moet jy dit versigtig doen binne-in, en vee die buitekant slegs met 'n klam lap af.