Benodigdhede: 'n Groot vel stewige wit karton; 'n A4-vel swart riffelkarton; 1 vel pienk papier; stempels of prentjies van voëltjies; 'n sny-mat; kunsmessie; 'n lang metaal-liniaal; alkantplak-kleeflint.

Grootte: 46 cm hoog.

Maak só (kyk na die sketse en foto's):

Trek 4 eweredige lyne 15,5 cm uit mekaar met 'n sagte potlood (vir die 4 mure van die huisie).

Vorm nou die spitsdakkie: meet 36 cm teen die muur op en trek liggies 'n reguit lyn aan die bokant (vee dit later uit).

Bepaal die middel van die eerste en derde paneel en trek hiervandaan 'n reguit lyn (loodlyn) van 10 cm.

Trek skuinssye vir dakkie.

Trek nou 'n naat van 1 cm rondom die buitelyne van die huisie, behalwe die een sykant (sien regterkant van skets).

Gebruik 'n kunsmessie en sny die huisie al om die buitenste rand uit.

Teken 7 vensters (die grootte is jou keuse) aan die voorkant en sny aan 3 sye los sodat dit 'n flappie maak.

Sny ook 'n groterige venstertjie aan die agterkant waardeur jy string liggies kan druk.

Stensil motiewe op papier of gebruik prentjies en plak dit agter elke voorste venstertjie.

Sny liggies op al die lyne om die boonste laag karton te breek, sodat jy die huisie kan vorm.

Vou die riffelkarton in die helfte om 'n spitsdakkie te vorm.

Plak alkant-kleeflint aan al die nate en plak die huisie en dak aanmekaar.

Advent-kalender: die mates

Op die hooffoto bo: Engeltjie met wit hart en agterste engeltjie (R70 elk), engeltjie met gevoude arms (R90), Charmaine Basson. Metaaltafeltjie (R1 895), Weylandts.