Speldekussing Benodigdhede:

  • Geskikte houer soos 'n piepklein emmertjie (by sommige blomhandelaars).
  • Knip 'n sirkel effens groter as die houer uit vilt of materiaal.
  • Knip nou 'n eenvoudige blommetjie uit afvalstukkies vilt en werk dit met 'n kruisstekie aan die sirkel vas.
  • Druk van die blaartjies na bo en werk dit in dié posisie vas.
  • Werk die hele sirkel met blommetjies toe, maar los 'n randjie rondom om sirkel effens in te ryg.
  • Knip 'n strook materiaal so diep soos jou houertjie en die omtrek van die sirkel.
  • Stik strook toe om 'n buis te vorm en werk ingetrekte sirkel aan die bokant van die buis vas.
  • Vul buis met stopsel totdat dit netjies in die houertjie pas.
  • Werk onderkant toe.
  • Plaas 'n paar druppels Bostik-jel onderin houertjie en druk die opgestopte speldekussing netjies daarop vas.

Skêr Sak

  • Knip 2 skerp hartvorms wat oor jou skêr sal pas uit vilt.
  • Knip klein blommetjies uit vilt en werk dit daarop vas.
  • Werk die 2 hartvorms aan mekaar met ryg of komberssteek.
  • Laat 'n opening aan die bokant sodat die skêr gemaklik daarin kan pas.
  • Knip 'n klein strokie vilt wat jy in die middel aan die voorkant vaswerk en aan die agterkant met 'n drukkertjie vasknip sodat die skêr nie kan uitglip nie.