Die serp is die heel maklikste breistuk nóg! Jy brei dit moeiteloos en sonder om te konsentreer.

Grootte

Een grootte pas almal.

Breedte: 30 cm

Benodighede

4 bolle Sirdar Big Softie (Super Chunky);

10 mm-breipenne.

Wenk: Jy kan ook met 2 dubbeldrade saam brei om min of meer dieselfde spanning te kry.

Spanning

10 ste en 18 rye in reksteek met 10 mm-penne = 10 cm.

Brei só

H/aan 30 ste met 10 mm-penne. Br reguit in rekst (= alle rye regs) tot werk sowat 120 cm is en h/af.

Voltooiing

Gee die voltooide breistuk een draai en speld die aan- en afhegrande aan mekaar. Werk naat toe.

Kraagserp FOTO Johan Wilke