Takkies uit die tuin en sjokolade-eiers in blink papier. Paastyd kan wonderlik

kreatief wees. Maak jou eie "voëlnessie" met ’n verskeidenheid eiers om jou Paastafel mee te versier.

1. Gebruik ’n groot bos fyn varingblare (angel’s tears) of sagte snoeitakkies en draai ’n digte nes om jou hand.

2. Vleg die los punte deur die nes of draai dit vas met dun bloemistedraad. Trek van die onderste takke na mekaar toe uit sodat dit ’n natuurlike bodem vorm. Laat die nes vir ’n dag of twee staan om uit te droog.

3. Wanneer jy gereed is, knip ’n bodem uit karton en plak dit met sterk gom aan die nes vas.

4. Steek ’n fyn veertjie hier en daar in die nes. Gebruik ’n permanente pen en skryf ’n mooi Paasboodskap op ’n lint wat jy onderin die nessie sit.

5. Vul die nes met mooi eiers, wat nuwe lewe simboliseer.

Jy sal ook geniet

Kuier die Pase in die tuin

FOTO Donna Lewis FOTO Donna Lewis

Paasfees-teetafel

Kosbare oomblikke met Paasfees