Origami (foto regs)
Vou van gekleurde papier ’n paar origami-voëls en hang dit in ’n kou of metaal-kershouer. Kyk op Google by “origami birds” vir video’s wat jou stap vir stap wys hoe om die voëls te vou.
Die groot kou is van Saffron en die kershouer van Mr Price Home. Die kaartjies is van Loads of Living. Die pienk fluweel, Serengeti, kleur Mombasa, is van Silk and Cotton Co. Ander items stilis se eie.
Kersiebloeisels Kersiebloeisels.
Verf ’n mooi bloeiseltak teen jou muur pleks van ’n swaar geraamde skildery. Soek op die internet ’n mooi bloeiseltakontwerp en teken dit na. Gebruik stokperdjieverf en ’n smal kwas. Sit min verf op die kwas om ’n effense verweerde voorkoms te kry. Kies silwer verf vir die blomkrone. Die Shinto-kroegstoel is van Loft Living. Vra jou naaste kwekery oor ’n bonsai-vereniging. Dis ’n rustige en kalmerende stokperdjie om te beoefen. Ander items stilis se eie. Statig Statig.
’n Mooi buffet is deel van ’n Suid-Afikaanse huis. Versier dit met ’n verskeidenheid potte met ’n Oosterse voorkoms. Die soliede eikehout-buffet is van Loft Living. Die twee groot roomkleurige potte is van Silk and Cotton Co. Die wit pot is van @home, die rooi potte en staander van Gift Warehouse. Die swart Chinese skrifprente en die stukkie geskenkpapier in ’n ligte verweerde houtraam is van Saffron. Vir spatsels kleur, gebruik ’n bamboesmat en ’n ry kleurryke vlaggies van sy. Knip afvallappies van verskillende groottes en stik vas op ’n lint. Die stoel is van Classic Revivals. Rooi tossel en klein gemmerpotte stilis se eie.
Soetgoed Soetgoed.
Sit lekkernye voor in klein Chinese boksies. Gekoop by papierwinkels of boksvervaardigers soos Merrypak - of vou jou eie. Maak die boksie versigtig los en plak geskenkpapier met spuitgom vas. Vou weer en plak vas waar nodig. Chinese lekkergoed en fortuinkoekies is by Chinese winkels te koop. Agtergrondmateriaal, Dedar Arlequin, 3,25 m breed van Silk and Cotton Co. Klein bakkies stilis se eie.