Ekstra pakplek
Verf een sykant van ’n houtkissie of stewige boks met PVA-verf
en skryf daarop wat daarin gebêre word.
Stoor dit bo-op ’n kas of onder die bed.

KAPSTOK in ’n kits
Skroef hout-kasdeurknoppe op gelyke
afstande op ’n afvalplankie vas en verf
dit in die kleur van jou keuse. Hang
mooigoed daaraan op. String blou
krale (R195), Loft Living. Serp (R120),Woolworths.
Sakkie stilis se eie.

Versier met verf
Gooi al jou oorskietverf deur ’n tregter in ’n skoongewaste
bottel met ’n mooi vorm. Draai die bottel tot die verf in
mooi patrone geloop het. Gooi oortollige verf uit en
keer om op ’n ou koerant totdat al die verf uitgeloop het.
Vee bottelnek gereeld skoon. Gebruik in ’n vaal kol in jou huis. Dit lyk ook mooi as tafelversiering pleks van blomme.

Wenk Glasverf gee ’n deurskyn-effek.
Koop dit by stokperdjiewinkels.


Slaap  rustig                                                                                   Glip weg na 'n bloue vergetelheid, 'n see van slaap...'n kopstuk gemaak van 'n ou boekrak bied ideale pakplek.

Muurkleur is Plascon se Dylan’s Blue B5-A1-2. Gordyn (Tudor Optic White, 300 cm breed, R478,80 p.m.) en materiaal op bed (Osmani Blue Mosque, R1 254 p.m.), Hertex Fabrics. Silinderlig (R240), @home. Waterglas (R75), Hadeda. Tivoli-radio (R1 875), Nap. Wit spieël (R650) en matjie (R200), Moroccan Warehouse. Ander items stilis se eie.

Maak kopstuk-kas só
’n Boekrak waarvan die rakke verlore gegaan het, word ’n kopstuk-kas. Verf dit met Plascon Velvaglo, kleur Oceanos
B6-C1-1, vir duursaamheid. Skuif die oop kant teen die muur, met die bed teen die agterkant aangeskuif. So ’n bedkassie spaar ruimte as jou kamer klein is – en
niks hoef langs die bed te staan nie!

 



Potblou bad
Kies skoon wit en waterkleure vir jou badkamer se funksionele meubels, soos dié pak- en sitplek-eenheid.     ’n Nuttige 3-in-1-meubelstuk (R2 500) van Home Affairs kry staanplek in die badkamer. (Dit kan ook dien as koffietafel, TV-eenheid en ekstra sitplek.) Muurkleur is Plascon se Sapphire B7-A1-1. Spieël (R179,99) en groot mandjie (R159), Mr Price Home. Materiaal in mandjie, Isthi Ice Blue (R364,80), Hertex Fabrics. Blou glasbakkie (R47) en kers in
blou glas (R140), The Pause Room. Luffaspons (R25,99), houtborsel (R34,99), glassilinder (R49,99) en seep (vanaf R9,99), Clicks. Vloerteëls (R25 elk), Moroccan Warehouse. Blou badmatjie (R89), @home. Handdoeke (van R45),
Woolworths.

Wenk  ’n Badkamer kry swaar onder al die
mensehande. Kies ’n duursame verf soos
Plascon Velvaglo. Dis ten volle wasbaar.