Benodighede:

  • Sowat 25 x 25 cm-lap van 'n stewige katoen of linne
  • stringborduurgare in 3 kleure
  • borduurnaald

Maak só:

  1. Klik regs op die prentjie hieronder en "save as" op jou rekenaar. Druk dit dan uit of vergroot dié foto en teken die prentjie netjies oor.
  2. Plak jou fotostaat teen ’n venster en teken na met ’n blou borduurpen.
  3. Borduur deurgaans met 3 borduurdrade en gebruik agter-, ryg-, kruis-, ketting- en satynsteke. Spuit liggies nat om merke van borduurpen te verwyder – die ink is oplosbaar.
  4. Vou die rourande van die geborduurde lappie in en werk vas op ’n item van jou keuse

PRENT

Borduurpatroon