’n Sak van tou Brei in ’n japtrap ’n sak met sagte tou wat jy in die supermark koop

Grootte
Lengte: 34 cm Breedte: 42 cm

Benodigdhede
6 rolletjies sagte tou van Checkers; 7-mm-breipenne; 50 cm bedruktekatoenmateriaal vir voering; 85 cm katoenband vir handvatsel; een groot drukker.

Brei só
Brei deurgaans met 2 toudrade. Heg aan 50 steke en brei in reksteek (= alle rye regs). Heg af as werk 68 cm lank is.

Afwerking
Was katoenmateriaal vir voering in warm water en knip so groot soos breistuk. Vou breiwerk dubbel en werk
synate met oorhandsteke toe. Stik synate van voering toe en vou boonste rourande om. Plaas voering in sak, nate na binne. Werk die sak en voering met die hand aanmekaar, net onderkant die aan- en afhegrand. Werk die handvatsel in sye vas. Maak ’n intrekkoord deur 3 drade saam te vleg. Neem ’n dik stopnaald en ryg dit 2 rye van bo af deur al die lae. Trek in en maak ’n strikkie.