See-Kuier

Piekniekkombers

Knip 2 stukke lap so groot soos jy jou piekniekkombers wil
maak. (Bokant is uit die reeks
Legend, kleur Hydro, sowat R367 p.m., Home Fabrics.) Ryg deur albei lae materiaal die middel in 'n sonstraalpatroon sodat dit gelyk en glad is.

Stik 'n lang ry blokke van 20 x 20 cm aanmekaar om die laslaprand te maak. Stryk nate oop. Vou lengtegewys dubbeld en stryk plat. Plaas die strook se rourand gelyk met die kombers se een rourand, stik en knip gelyk af. Vou randstrook na voor en stik vas soos 'n omboorsel. Voltooi ander sye ook so (vou en stik telkens die begin van stroke toe).

 

Agtergrond-materiaal

Ottomans (R1 249 vir voorste twee,R1 759 vir agterste een), Fundi Light & Living. Gehekelde kussing (vanaf R350), Lim. Rottang-bord (R95), Loft Living. Koffiepot (R695), Nap. Ander items, stilis se eie.