KOPSTUKKE (foto regs)
’n Gewone dennehouttuinhekkie word ’n interessante kopstuk vir jou bed. Verf dit met Plascon Velvaglo (kl. Blue Pool B29-5). Hang daaraan ’n mooi hart aan ’n koperketting. ’n Lekker groot tafeldoek word ’n mooi gestreepte deken.

BÊRE-IDEES

BÊRE-IDEES.

As jy moeg is van inkopiesakke of handsakke wat onder in ’n kas geprop word, rig só ’n muur vol sakke in. Verf ’n gekleurde blok (Plascon se Chickpea D16-3) en skroef stewige hake in die muur.

PAPIER-LIGTE

PAPIER-LIGTE.

Kikker jou kombuis op met ’n kandelaber van papier-koekievorms en kristalle. Gebruik ’n ou lampskerm se gloeilampring as basis. Koop plastiekkristalle, ’n metaal-inrygdraadjie (tigertail) en metaalstoppers (crimpers) by ’n kralewinkel. Knip ’n ronde stukkie karton om die koekievorm se bodem te verstewig en plak dit aan die binnekant vas. Ryg ’n groterige kristal aan die onderpunt en knip vas met ’n stoppertjie. Ryg 2 koekievorms in (hou in posisie met die stoppers) en ryg nog hier en daar ’n kristal in. Knip vas aan metaalring. Knip ’n papiervormpie tot in die middel oop, knip ’n sirkel uit wat om die nek van die gloeilamp sal pas, en glip om die gloeilamp. Plak kniplyn toe met kleeflint.