VERF OOK JOU MELAMIEN SÓ

Verf jou melamien

1. Skuur melamien liggies met nr. 80-skuurpapier, vee skoon en verf ’n onderlaag.

2. Laat droog word.

3. Verf met emaljeverf ’n basiskleur, bv. rooi.

4. Knip uit ’n roomyshouer-deksel ’n “verfkam”.

5. Knip die dik rand af.

6. Knip ongelyke wiggies uit die een reguit rand en knip die skerp punte gelyk.

7. Verf ’n tweede laag in ’n ander kleur en trek die kam deur die nat verf.

8. Laat droog word.

Woonidees: Februarie 2010