Jy het nog altyd geweet tuinmaak is terapeuties, iets wat inderdaad deur kenners en wetenskaplikes ondersteun word. “Tuiniers en bloemiste is die gelukkigste van alle beroepe, en byna twee keer so gelukkig as mense in meer gesogte en beter betaalde werke,” skryf Paul Dolan, Britse ekonoom en gedragswetenskaplike, in sy boek Happiness by Design.

Volgens verskeie studies verlaag dit ook jou bloeddruk, dit het ’n kalmerende invloed op jou gemoedstoestand, werk spanning en angs teen, verminder die risiko op beroertes en hartaanvalle met tot 30% by mense ouer as 60 jaar, keer “aandag-uitputting” en skep ’n gevoel van doelgerigtheid, bevrediging en prestasie.

Nooi dus jou buurvrou, of ’n hartsvriendin van ver met die gratis poskaart hierby, maak blomkranse vir al jou gaste en dek die mooiste tafel in die middel van jou tuin, of selfs op jou woonstelstoep tussen jou potplante. Dis ’n wonderlike geleentheid om bymekaar te kom en jou handewerk te vier.

Vir nog Tuindag-inspirasie, gaan na www.tuindag.co.za

SARIE-lesers in Kaapstad en Johannesburg kan gratis op 13 en 20 Oktober leer hoe om hul eie blomkranse te skep vir Tuindag op 21 Oktober. Registreer hier – plek is beperk.