1. Verf die muur in 'n basis kleur, soos Plascon Twinkle Lily (06-D2-3).
Begin in die middel van die muur en werk na die kante toe. Gebruik 'n lang waterpas om al die lyne liggies met 'n potlood te trek (jy kan ook verskillende breedtes liniale inspan om jou te help). 

  2. Plak maskeerband (ons het breedtes van 3  en 5 cm gebruik) waar jy die basis-kleur wil laat wys.
  3. Verf die ander strepe in die oorblywende kleure. Ons het Plascon se Elizabeth Rose (R3-A1-2), Bovine (E29-6) en Maison Blanche (Y1-E2-1) gebruik.
  4. Laat die verf winddroog word voor jy die maskeerband versigtig aftrek.
5. Voltooide muur