Pleks van 'n Kersboom kan jy 'n droë tak inspan en mooi versier. Verf dit liggies met verdunde PVA en hang dit êrens op. Hang papiervoëltjies, skulpies, klippies, kristalle en selfs Kersballe daaraan op.