Elke huis het sy kruis, maar in dié huis se geval het dit 'n enorme prys! 'n Herehuis in die suide van Frankryk is te koop vir 'n eina-prys van $410 miljoen, berig Money Magazine. En volgens Bloomberg word dit as die wêreld se duurste huis beskou.

Villa Les Cédres is 187 jaar oud, bevat 14 000 verskillende plantspesies en olyfbome wat 300 jaar oud is. Daar is 14 slaapkamers, 'n biblioteek met 3000 boeke en 25 kweekhuise.

Kyk net die huis:

FOTO Instagram /@quintessentiallyestatesla
FOTO Instagram / @syedwafa
FOTO Instagram / @syedwafa

Vir nog foto's klik hier.