Jennifer Lopez se luukse woonstel is te koop! Maar teen ’n prys van $27 miljoen (R360 miljoen) is dié gesogte adres in New York slegs vir miljoenêrs beskore.

Die woonstel strek oor twee vloere en spog met vier slaapkamers, ses badkamers en vier buite-areas.

As ons na die foto’s kyk is dit maklik om te sien waarom J-Lo die woonstel in 2014 gekoop het. Volgens die New York Times beplan sy om nou saam met haar kêrel Alex Rodriguez in te trek.

Hier’s die spog foto’s van die Modlin Group. Klik hier om die volle album te sien:


Bronne: Modlin Group, Harper's Bazaar en The New York Times